1154 Actueel II – 't Scheldt

1154 Actueel II

ACTUEEL II

Boerskot

EVV-BETOGING LAAT SPOOR

VAN VERWOESTING NA
MALEMA

Julius Malema:

‘Skiet die boer’

Ontlasting, plastiekbottels vol urine, stukkende deure, vuil matte en ‘n smeulende hoop rommel is deur EVV-lede (Ekonomiese Vryheid Vegters) ten tyde van hul betoging by die Gautengse wetgewer agtergelaat. Sowat 600 EVV-ondersteuners het die Wetgewer bestorm in ‘n poging om toegang tot die raadsaal te verkry.

EVV-verteenwoordigers is vroeër die sitting van die Wetgewer verbied omdat hulle weier om hulle by die reëls neer te lê deur ondermeer hul party-embleme van hul kleredrag te verwyder. In die stormloop is meer as Rand 1 miljoen se skade aan die Wetgewer, ‘n erfenisgebou, aangerig.
Luidsprekers is gesteel en ‘n deel van die dak het ineengestort nadat EVV-lede water in die gange op die tweede verdieping met ‘n brandslang gespuit het. Mooi goue handvatsels, ouer as 100 jaar, is van die deure afgeruk en gesteel.

‘n Klag van kwaadwillige saakbeskadiging en openbare geweld is deur die Gautengse provinsiale regering teen die EVV ingedien.

Boerskot

***

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *