1133 * ZE-A – 't Scheldt

1133 * ZE-A

DA skiet haarself in voet

Alhoewel regses in Suid-Afrika nie ondersteuners van die DA (Demokratiese Alliansie) is nie, is dié party tog verkiesliker bo die ANC.Daarom word daar in die stilligheid gehoop dat die DA (in vanjaar se verkiesing, wat na verwagting op 27 April sal plaasvind) die provinsies van Noord-Kaap en Gauteng sal wen.S-A sal dan 3 provinsies hê wat nie deur die ANC regeer word nie.Na verwagting sal so ‘n situasie veroorsaak dat blankes weer moed vir die toekoms sal skep, en swartes sal dan besef dat S-A beter deur blankes bestuur kan word, en dat hulle hul steun aan die ANC in heroorweging sal moet neem.Die DA regeer die Wes-Kaap op ’n wyse wat die provinsie laat uitstaan bo die res in die land. Daarvan getuig die groot getalle buitelandse toeriste wat na Kaapstad stroom. Byna elke jaar word ‘n nuwe rekord opgestel, wanneer méér oorsese toeriste die Moederstad besoek.Die Kaapstadse Internasionale Lughawe is as Afrika se beste lughawe bekroon, en meer-en-meer toeriste besoek die beroemde Tuinroete, en die Bolandse wynroetes.In die Noord-Kaap, waar die rampokker – Johan Block – steeds die ANC-provinsiale leier is, lyk dit of die DA dalk die ANC uit die kussings kan lig (miskien in samewerking met Cope, wat deur oud-ANC LUR Pakes Dikgetsi gelei word).In Gauteng beïndruk die DA se premierskandi-daat – Mmusi Maimane – en kan ’n erg kreuppel ANC dalk net op hul tuiswerf verras word (soos die uitjouery van president Jacob Zuma op Man-dela se begrafnis al ’n aanduiding van was).Die DA lyk nogal goed geposisioneer te wees – tot met die aanwysing van hul presidensiële kan-didaat.Die baanrekord van Mamphele Ramphele (voor-heen van Agang) is egter beroerd. Sy was ’n ad-junk-rektor van Ikeys (die Universiteit vanKaapstad) en het met haar vertrek daar ’n admi-nistratiewe nagmerrie agtergelaat.Dieselfde was by die Wêreldbank, waar sy een van die uitvoerende hoofde was, maar die mense daar was bly toe sy vertrek het.Haar hoofluitenante by Agang was duidelik ge-skok en teleurgesteld om deur die media te ver-neem dat sy hulle verlaat het en by die DA aan-gesluit het.Hulle is slagoffers van die diensleweringschaos van die ANC en het gehoop dat sy vir hulle ’n geloofwaardige alternatief vir die ANC sou bied. Ramphele is ook een wat die voorvaders raad-pleeg vir haar gewaande voorspoed.Die topleierskap van die DA weet seker wat reg-ses nie weet nie, maar van wat regses as feite sien, lyk dit of die DA hulself sleg in die voet ge-skiet het, en hul kanse aansienlik geknou het, om werklik ’n bedreiging vir die ANC te word.Dit is maar soos die politiek werk – neem 6 van die een party weg, en gee ‘n halfdosyn weer terug! Bloemfontein sonder waterVir die eerste keer in sy geskiedenis was die waterkrane in die gevestigde woonbuurte van Bloemfontein vir sowat twee weke droog. Mense wat die ruggraat van die belastingbetalers van die munisipaliteit vorm, moes met emmertjies by waterkarre gaan toustaan.Skole is gesluit, gastehuise het leeggeloop, restaurante kon nie skottelgoed was nie, ens. Wat ’n skande!Baie verskonings is deur die munisipaliteit aangevoer, ondermeer dat boere onwettig die pypleidings na die opgaardamme leegtap. Dié het eg-ter, soos al die ander verskonings, geblyk ’n wol-haarstorie te wees.Die lang en kort van die storie is dat die Mangaung Munisipaliteit, wat hulself nogal as ’n metro uitgee, aan dieselfde siekte ly as die ANC landswyd:In 1994 het hulle die volle funksionerende infra-struktuur van ’n geïndustraliseerde land by apartheid geërf, maar toe doen hulle niks of weinig omtrent instandhouding en vooruitbeplanning nie.Instede het hulle hulself verryk en feitlik alle begrotingsfondse na hulself gekanaliseer.Nou 20 jaar later gee die infrastruktuur die een na die ander in, terwyl hulle eie geldkraan besig is om leeg te loop.Die skuld in die nasionale begroting raak al groter, terwyl die uitstaande skuld van Mangaung Metro al R 2,7 miljard beloop.Die feite sê daar is net een rede vir die Bloem-fonteinse waterkrisis: Slegtigheid!***

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *