1056 ZA – 't Scheldt

1056 ZA

GEE PAD UIT SUID-AFRIKA!

Terwyl liberaliste probeer bewys dat daar nog plek vir blankes in Suid-Afrika is, en dat dit net ‘n handvol verregses is wat spoke oor genocide opjaag, het die ANCYL (African National Congress Younth League) op 5 Junie in ‘n amptelike verklaring gesê:
If you do not leave your farms right now, we cannot guarantee your safety anymore! Leave if you want to stay alive! This land is ours!’
(‘As julle nie onmiddellik jul boerderijen verlaat nie, kan ons nie meer jul veiligheid waarborg nie. As julle wil bly leef, gee dan pad! Hierdie land behoort aan ons!’). Dit is te betwyfel of die ANCYL enigsins vir hierdie uitspraak vervolg sal word.
As enige blanke groep soortgelyke uitsprake sou gemaak het, sou dit op haatspraak neergekom het, en sou daardie groep (of individu) voor die hof gedaag gewees het en van erge rassisme aangekla gewees het.AWB-LEIER SE MOORDENAAR SKULDIG
Chris Mahlangu (29), ‘n burger van Zimbabwe, is deur regter John Horn skuldig bevind op die moord van mnr Eugene Terre’ Blanche, gewese leier van die AWB (Afrikaner Weerstandsbeweging).
Nog ‘n beskuldigde, Patrick Ndlovu, wat nou 18 is maar tydens die moord ‘n minderjarige van 15 was, is deur die regter vrygespreek. Hy het aanvanklik skuldig gepleit, maar omdat hy minderjarig was, en omdat die ondersoekbeamptes nie sy minderjarigheid in ag geneem het nie, is sy pleit van skuldig na onskuldig verander.
Die AWB is gestig in die tyd toe Afrikaners al hoe meer gefrustreerd in hul leiers begin word het, en daar ‘n groot behoefte na ‘n sterk Boereleier ontstaan het.
Sedert die moord op dr Hendrik Verwoerd in die parlement in 1966, het elke leier na hom ‘n stukkie van die volk weggeteken. Afrikaners het later nie geweet wie is hul grootste vyande – die vreemdvolkiges, of hul eie Boere-Afrikanerleiers – nie.
Mnr Terre’Blanche was nie net ‘n vurige politieke leier nie, maar hy was bekend vir sy liefde vir poësie. Hy was ook ‘n orator wat sy rumoerigste opponente tot stilswye kon dwing.
Alhoewel vele Afrikaners vas daaraan glo dat Terre’Blanche die slagoffer van die ANC se haatveldtogte die afgelope 10 jaar was, en dat dit dus polities gemotiveerd was, het regter Horn beslis dat hy nie tot daardie gevolgtrekking gekom het nie.
Daar was geen sameswering, geen politieke motiewe, geen rassehaat, en geen verskuilde agenda, in die getuienis wat voor my gelê is, te bespeur nie’, het regter Horn in sy uitspraak gesê.
Hy het voorts gesê daar is geen forensiese bewys gelewer wat die jong man – Patrick Ndlovu – met die moord-toneel verbind nie. ‘n Familielid van mnr Terre’Blanche, mnr André Nienaber, sê hy en die familie is uiters teleurgesteld in regter Horn, omdat hy nie ook die jong man skuldig bevind het nie, want, behalwe dat hy self erken he thy was aandadig in die moord, is daar genoeg bewyse dat hy wel teenwoordig was.
Mnr Nienaber het voorts gesê dat die moord op sy oom geen snars verskil sal maak in die Afrikaner se stryd om onafhanklik te word nie.
‘Ons sal veg vir ons vryheid, en ons sal veg om die dood van 3 000 boere en 40 000 Afrikaners, wat sedert 1994 deur swart barbare vermoor is, te wreek’, het hy gesê. POLISIE LY AAN STRES
Tydens die amptelike ingebruikneming van ‘n nuwe gesondheidsentrum in Pretoria, het die minister van polisie, mnr Nati Mthethwa, gesê dat daar sowat 10 000 uit die totaal van 80 000 polisielede in Suid-Afrika is wat aan stres ly, en derhalwe nie hul werk kan doen nie. In 2010, het die minister gesê, was daar 84 polisiebeamptes wat selfmoord gepleeg het.

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *