ePrivacy and GPDR Cookie Consent by Cookie Consent 1041 ZA – 't Scheldt

1041 ZA

Die Suid-Afrika stad Mangaung wat deesdae as die Vlaamse stad – Gent – se tweelingstad bekendstaan, is nou nie eintlik ‘n goeie voorbeeld van hoe ‘n provinsiale hoofstad bestuur en regeer moet word nie. Nadat Suid-Afrika se noordelike provinsie, Limpopo onlangs bankrot verklaar is, word die name van Oos-Kaap en Vrystaat toenemend genoem as die volgende provinsies wat op die lys van bankrot-provinsies geplaas gaan word. Wes-Kaap (Suid-Afrika se enigste provinsie wat deur blankes geregeer word) is saam met Gauteng die enigste provinsies wat nie in die gevaarzone verkeer nie.

Volgens mnr Rossouw Botes van die DA (Demokratiese Alliansie, die opposisieparty in Mangaung se raad) beloop waterverliese weens lekkende pype in Mangaung reeds R 850 000 per dag, of R 25-miljoen (2,5-miljoen euro) per maand.
Hy sê dit gebeer deesdae kort-kort dat sekere woonwijke, weens watertekorte, sonder water is. Ook die voorsiening van krag (elektrisiteit) laat veel te wense oor, en kragonderbrekings kom dikwels voor. Dit is veral die oostelike voorstede van Mangaung wat gereeld geraak word.
Die jongste verslae dui die volgende verliese per maand aan: Thana-Nchu – 118 123 kiloliter (26,14 %); Botshabelo – 294 455 (31,07 %); en Bloemfontein – 2 285 084 (42,61 %). Teen R 10 per kiloliter verloor die munisipaliteit van Mangaung R 25-miljoen per maand.
Geen afdeling in die munisipaliteit wil verantwoordelikheid neem nie, en die een beskuldig die ander.
***
Grasweduwee ‘n Vrou wie se man tydelik weg is
***

WIE ZIJN DE WILDEN?
‘Groot hoeveelheid renosters
wat deesdae in Suid-Afrika uitgeroei word’.


wildebeesten
Een renoster is een zwaar vierpotig dier met ‘n neushoring

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *